This study investigates the impact of an explicit and integrated dictionary awareness program on primary school pupils' dictionary use strategies. The survey involved a total of 150 participants, aged 10–12 years old, from mainstream and intercultural schools. Data was collected before and after the implementation of the program using the Strategy Inventory for Dictionary Use (SIDU), a reliable and validated self-report tool that accurately profiles paper dictionary users' reported use in real-life contexts (Gavriilidou 2013). The dictionary awareness program consisted of targeted activities and was implemented to a group of 75 students, including 50 from mainstream schools and 25 from an intercultural school. The findings suggest that there is a lack of dictionary culture among students attending Greek schools, as evidenced by the moderate strategic use of dictionaries and the incomplete integration of dictionaries as reference tools in the educational process. Additionally, the comparison of the percentage of each strategy category before and after the implementation of the program showed a significant effect of the program on all categories of Dictionary Use Strategies (DUS) employed by the experimental group. This study contributes to the discussion of the "teachability" of dictionary use strategies by highlighting the effectiveness of dictionary awareness programs in promoting a dictionary culture. Keywords: dictionary use strategies, dictionary awareness program, explicit and integrated strategy instruction, dictionary culture, CALLA, strategy based instruction, look up strategies, lemmatisation strategies Hoe strategiese woordeboekgebruik in die klaskamer verhoog kan word: Die uitwerking van 'n woordeboekbewusmakingsprogram op woordeboekgebruikstrategieë. Hierdie studie ondersoek die impak wat 'n eksplisiete en geïntegreerde woordeboekbewusmakingsprogram op primêreskoolleerders se woordeboekgebruikstrategieë het. Die opname het altesaam 150 deelnemers, 10–12 jaar oud, van hoofstroom- en interkulturele skole betrek. Data is versamel voor en ná implementering van die program wat van die Strategie-inventaris vir Woordeboekgebruik (SIWG) gebruik gemaak het. Dit is 'n betroubare en bewese selfrapporteringshulpmiddel wat gebruikers van papierwoordeboeke se gerapporteerde gebruik binne die konteks van die werklike lewe akkuraat profilieer (Gavriilidou 2013). Die woordeboekbewusmakingsprogram het uit doelmatige aktiwiteite bestaan en is deur 'n groep van 75 studente, insluitende 50 uit hoofstroomskole en 25 uit 'n interkulturele skool, geïmplementeer. Die bevindings dui daarop dat daar onder studente wat Griekse skole bywoon 'n gebrek aan woordeboekkultuur is soos duidelik blyk uit die matige strategiese gebruik van woordeboeke en die onvolledige integrasie van woordeboeke as verwysingshulpmiddels in die opvoedkundige proses. Daarbenewens het die vergelyking van die persentasie van elke strategiekategorie voor en ná die implementering van die program aangetoon dat die program 'n beduidende uitwerking op alle kategorieë van Woordeboekgebruikstrategieë (WGS) wat deur die eksperimentele groep geïmplementeer is, gehad het. Hierdie studie lewer 'n bydrae tot die bespreking van die leerbaarheid van woordeboekgebruikstrategieë deur die effektiwiteit van woordeboekbewusmakingsprogramme in die bevordering van 'n woordeboekkultuur te beklemtoon. Sleutelwoorde: woordeboekgebruikstrategieë, woordeboekbewusmakingsprogram, eksplisiete en geïntegreerde strategie-onderrig, woordeboekkultuur, CALLA, strategiegebaseerde onderrig, naslaanstrategieë, lemmatiseringstrategieë