Neology, the study of new word formations and new word meanings, remains an underrepresented yet critical dimension of linguistic research. This paper explores the efforts of the European Network on Lexical Innovation (ENEOLI) COST Action, launched in October 2023, in addressing key gaps in the study of lexical innovation in connection with lexicography. With 343 participants from 51 countries as of March 2025, ENEOLI seeks to build a comprehensive, multilingual approach to neology research. This initiative focuses on developing digital resources, comparative studies, and professional training to elevate the understanding of neology within the linguistic community, including the development of a multilingual glossary of the meta-terminology of neology. By integrating lexicographic and computational methodologies, ENEOLI sets a benchmark for multilingual research. This initiative not only contributes to a deeper understanding of neology but also provides resources that support its application across diverse academic and professional contexts, including translation, education, and digital humanities. Through its collaborative framework, ENEOLI highlights the significance of lexical innovation in understanding language evolution and its cultural and social dimensions. Keywords: ENEOLI, neology, lexicography, lexical innovation, language change, multilingual glossary, terminology Die leksikografie en neologie: Die smee van bande deur 'n veeltalige benadering met ENEOLI. Neologie, die studie van nuwe woordvormings en nuwe woordbetekenisse, bly 'n onderverteenwoordigde dog kritieke aspek van taalkundige navorsing. Hierdie artikel ondersoek die pogings van die Europese Netwerk vir Leksikale Innovasie (ENEOLI) COST-aksieplan, wat in Oktober 2023 van stapel gestuur is, om sleutelkwessies in die bestudering van leksikale innovasie rakende die leksikografie aan te pak. ENEOLI streef met 343 deelnemers uit 51 lande (teen Maart 2025) daarna om 'n omvattende, veeltalige benadering tot neologienavorsing te volg. Hierdie inisiatief fokus op die ontwikkeling van digitale hulpbronne, vergelykende studies en professionele opleiding om die begrip van neologie binne die taalkundige gemeenskap te bevorder, insluitend die ontwikkeling van 'n veeltalige glossarium van die metaterminologie van neologie. Deur leksikografiese en rekenaargebaseerde metodologieë te integreer, stel ENEOLI 'n maatstaf vir veeltalige navorsing. Dié inisiatief dra nie net by tot 'n dieper begrip van neologie nie, maar voorsien ook hulpbronne wat die toepassing daarvan oor diverse akademiese en professionele kontekste, insluitend vertaling, opvoedkunde, en digitale geesteswetenskappe, ondersteun. Met sy samewerkingstruktuur beklemtoon ENEOLI die belangrikheid van leksikale innovasie in die verstaan van taalontwikkeling en die kulturele en sosiale dimensies daarvan. Sleutelwoorde: ENEOLI, neologie, leksikografie, leksikale innovasie, taalverandering, veeltalige glossarium, terminologie